Your Recipe Blog

KERRIE PERSKE NOEDELSLAAI

KERRIE PERSKE NOEDELSLAAI

Resep en foto:  Ronell Muller Boshoff

  • 1 pak skroef noedels
  • 1 groot ui, opgekerf
  • 2 blikkies perskes (behou die sous)
  • 1 opgehoopte eetlepel kerriepoeier
  • 1 teelepel borrie
  • sout
  • bietjie suiker
  • Nola mayonnaise
  • ½ bottel blatjang

Kook noedels tot sag.
Braai ui en voeg kerrie, borrie, perskesous van 1 blikkie, blatjang, sout en suiker by. Roer en laat prut.
Laat koud word en giet oor gaar noedels.
Sny perskes kleiner en voeg by.
Voeg laaste ‘n ½ bottel mayonnaise by. Meng deur en verkoel.
Volgende dag voeg res van die perskesous van ander blikkie bietjie by asook ekstra mayonnaise en blatjang.
Meng deur en bêre in die  yskas tot bedien.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page