Your Recipe Blog

ROOIBOSTEE RINGKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

ROOIBOSTEE RINGKOEK

Die koek is heerlik klam met ‘n baie lekker smaak, ek sou dalk net in die beslag ook lemoenskil in gerasper het, en lemoen geursel gebruik het vir ‘n meer prominente smaak.  Gebruik ‘n 20 cm ringpan of gewone pan.

  • Beslag:
  • 2 groot eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 125 ml melk
  • 200 ml suiker
  • 425 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 120 ml sagte margarien
  • Sous:
  • 200 ml sterk rooibostee
  • 175 ml lemoensap
  • 25 ml brandewyn
  • 200 ml suiker
  • Opsioneel:
  • kersies
  • room

Klits die suiker en margarien saam tot romerig, voeg die eiers een, een by en meng goed.
Voeg die melk en vanilla by en meng deur, Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng in by die beslag.  Meng goed sodat daar geen klonte is nie. Pasop vir “oorwerk”.
Indien die beslag te styf is, voeg nog bietjie melk by.
Skep in gespuite ringpan en bak  30 min by 180ºC. of tot gaar toets. (Indien jy ‘n waaier oond gebruik, bak teen 170 ºC.)
Laat staan so paar minute in die pan en keer uit op ‘n opdienbord.
Verhit sous bestanddele saam. Druk gaatjies in die koek met ‘n tandestokkie en skep die warm sous oor die warm koek. Laat die sous lekker intrek, so skep maar stadig en wag voor die res van die sous oorgesit word.
Versier met kersies en room.
Enjoy!

Foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page