PAPTERT MET KAASKRULLE
Resep: Elize Gouws
Foto: Wynand Van Huyssteen
Ek het toe die naweek paptert met kaaskrulle gemaak, my familie het hul vingers afgeëet.
- Braai saam:
- 1 pak spek, in blokkies gesny
- 1 groot ui, gekerf
- 1 bakkie sampioene, opgekerf
- Voeg by:
- 1 – 2 pakke kaaskrulle fyn gedruk (pas aan na gelang van die hoeveelheid pap)
- 250 ml room
- gaar slappap
- Ekstra:
- gerasperde kaas
- Maak genoeg slappap vir die aantal mense wat jy wil bedien,
- Meng spekmengsel by, skep in ‘n oondbak, strooi gerasperde kaas oor en bak in oond (180°C) vir ± 20 min.
Heerlik!
Category:












