Your Recipe Blog

WENNER MOSSELPASTA

WENNER MOSSELPASTA

Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
My aand kossies is my pasta gereg saam met mossels en dit WAS lekkkkr!

  • 2 eetlepels ongesoute botter
  • ½ pakkie spek
  • 2 shallots, gekap
  • 1 koppie witwyn
  • ¼ teelepel rissievlokkies
  • 1 groot blik geblikte tamaties (ons het vars tamaties gebruik)
  • 5 koppies rou spaghetti
  • ¼ koppie vars pietersielie
  • 1 huisie knoffel
  • 40 – 50 skoon mossels, alreeds in water gekook sodat hulle oopgaan
  • Verhit botter en voeg spek en shallots by en roer tot spek verbruin.
  • Voeg die wyn en rissievlokkies by en kook vir ongeveer 2 min tot die vloeistof verminder het.
  • Voeg die tamaties by en kook (± 10 min) tot vloeistof met die helfte verminder het.
  • Intussen kook die spaghetti in soutwater volgens aanwysings en dreineer.
  • Kap die pietersielie, knoffel en 1 teelepel sout saam op ‘n houtbord.
  • Voeg die mossels by die sous en roer.
  • Bedek en kook vir ± 10 min.
  • Verwyder die mossels en sit dit in ‘n aparte bak.
  • Voeg die spaghetti by die sous en verhit vir 1 min.
  • Voeg knoffelmengsel by.
  • Skep die pastamengsel in ‘n bak en skep die mossels bo-op.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page