Your Recipe Blog

GIDEON SE SNOEKKOPSOP

GIDEON SE SNOEKKOPSOP

Resep en foto: Gideon Louw

  • 6 – 8 snoekkoppe
  • 1 ½ – 2 liter water
  • 3 lourierblare
  • 6 peperkorrels
  • 1 groot geelwortel, grof gerasper
  • 2 uie, gerasper
  • 1 groot aartappel, gerasper
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel olie
  • 2 eetlepels kerrie
  • 1 teelepel borrie
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • ½ koppie gekapte pietersielie
  • sout en peper na smaak
  • 1 teelepel rissie vlokkies
  • ‘n knerts Worcestersous
  • 3 eetlepels suiker
  • Kook snoekkoppe vir omtrent 10 minute skep die skuim af. Haal uit die water, haal alle vleisies af as dit afgekoel is.
  • Braai uie, kerrie, botter en olie tot gaar.
  • Voeg water, geelwortel en aartappel bymekaar in groot kastrol saam met viskop vleis, kook stadig vir 1 uur.
  • Ek het nadat dit ‘n uur gekook het ‘n koppie room bygevoeg en nog vir 10 min laat prut.
  • Voeg sout en peper en suurlemoensap by en kook deur.
  • Sit pietersielie by voor opdien en roer goed, bedien saam met vars volgraan kroetons.

Hmmmmn lekker !

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page