Your Recipe Blog

PIESANG-KARAMEL KAASKOEK MET SKYFIES PIESANG

Avatar photo
Recipe by
oornag

PIESANG-KARAMEL KAASKOEK MET SKYFIES PIESANG

Resep verskaf: Amanda Bruger
Foto:  Irma Van Ellewee Swart

  • 1½ pakkie Tennisbeskuitjies
  • 150 g gesmelte botter
  • Maak die Tennisbeskuitjies fyn en meng met die gesmelte botter.
  • Druk die mengsel in ‘n gesmeerde veerpan wat met foelie uitgevoer is en weer gesmeer is vas.
  • Druk dit op die bodem en so half teen die kante op vas en verkoel so 1 uur in die yskas.
  • Vulsel:
  • Klits die volgende saam styf:
  • 250 ml room
  • 60 ml strooisuiker
  • Voeg die volgende by en klits goed:
  • 2 – 3 houers roomkaas  (ek gebruik graag Lancewood se roomkaas, dit is lekker styf)
  • Meng die volgende saam:
  • 1 teelepel gelatien
  • 50 ml koue water
  • Ekstra:
  • 1 blikkie karamelkondensmelk
  • 3 groot piesangs, in skyfies gesny
  • Opsioneel:
  • kakao vir oorsprinkel
  • karamel springmielies
  • karamelstroop
  • Los die gelatien in die koue water op en verhelder dit deur die houer in warm water te sit tot helder.
  • Klits die gelatine by die roomkaasmengsel in.
  • Klits die karamelkondensmelk goed met ‘n vurk tot glad en voeg by die roomkaasmengsel.
  • Sit die mengsel 30 minute in die yskas.
  • Indien verkies sny 3 groot piesangs in skyfies en roer dit in die mengsel in.
  • Skep die mengsel oor die kors en verkoel oornag.
  • Sif kakao liggies oor of versier soos verkies en bedien.

Nota: Irma Van Ellewee Swart –
Versier met karamel popcorn en karamel stroop. Was nog nie braaf genoeg om ‘n springform pan te gebruik nie.

Bron: Wenresepte 7 Kuier-kuier deur die land van Carmen Niehaus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page