Your Recipe Blog

GEURIGE SOUT PLAATKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: ongeveer 15

GEURIGE SOUT PLAATKOEKIES

Heerlike plaatkoekies om vinnig te maak vir die kinders, ook lekker vir kosblikke. Die Vienna kan met enige gaar vleis vervang word.
Bruismeel kan ook gebruik word in die plek van die meel en bakpoeier.
Maak ongeveer 15, hang af van die grootte.

  • ½ koppie plein jogurt
  • 1 eier
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ teelepel bakpoeier
  • sout en peper na smaak
  • 1 teelepel suiker
  • ½ koppie water
  • gekapte vars pietersielie na smaak
  • gemengde kruie na smaak
  • 1 vienna, fyn gekap of gerasper
  • ¼ koppie fyn gerasperde ui
  • olie vir vlak braai

Klits die jogurt en eier saam. Voeg die meel, sout en peper, bakpoeier, suiker, en water by en meng goed.
Sit die Vienna en uie by, meng deur en proe, pas sout en peper aan indien nodig.
Dit is ‘n redelike slap degie. Skep met ‘n groot lepel , hopies in die warm vlak olie, pasop dat die olie nie te warm is nie, hulle moet stadig gaar word. Draai hulle om sodra die eenkant mooi verkleur het.
Haal uit met ‘n gleufies lepel en pak op kombuispapier terwyl die res gebak word.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page