ROMERIGE CAJUN HOENDER LINGUINE
Resep en foto: Amanda Austen
- 600 g hoenderborsies, in repies gesny
- 30 ml olyf olie
- 30 ml cajun speserye
- 5 ml gerookte paprika
- 3 ml knoffelpoeier
- sout en peper na smaak
- 400 g linguine pasta
- 4 huisies knoffel, fyngekap
- 500 ml hoenderaftreksel
- 500 ml room
- 125 ml gerasperde parmesan kaas
- 300 ml gerasperde cheddar kaas
- vars gekapte pietersielie vir garnering
- Kook die pasta in soutwater tot al dente. Dreineer en hou eenkant.
- Meng die hoenderrepies met die cajun speserye, paprika, knoffelpoeier, sout en peper.
- Braai dit in die olyfolie tot net bruin, skep uit en hou eenkant.
- In dieselfde pan braai die fyngekapte knoffel vir 1 minuut lank.
- Voeg die hoendersaftreksel en die room by.
- Verminder die hitte en laat opkook vir so 5 min lank.
- Voeg die parmesan en chedder kaas by. Voeg nou ook die hoender by.
- Laat opkook vir so 3 min lank tot goed deurwarm.
- Meng die hoender en sous met die linguine, en voeg die pietersielie by.
- Bedien warm.












