LAE KOOLIDRAAT CHIA SAAD POEDING
Resep en foto: Marisza Olivier
My mees gunsteling low carb chia saad poeding.
- 1 blik klappermelk of klapperroom
- 6 – 8 eetlepels chia saad
- knippie Himalayan sout
- 2 proppies vanilla
- 1 – 2 opgehoopte eetlepel xylitol, of versoeter van keuse
- Meng alles saam, plaas in die yskas vir ongeveer ‘n half uur.
- Kyk of die poeding dik genoeg is na jou smaak, indien jy dit dikker verkies, sit nog 1 eetlepel chia saad by, so toets jy hom en voeg by totdat dit na jou smaak is.
- Laat staan na elke toevoeging, vir ongeveer 30 min, sodat die saad kan uitswel.
- Dis hemels, en een van my gunsteling low carb poedings vir ‘n Sondag.
- Bêre myne in ‘n bakkie en hap elke keer as ek die yskas deur oopmaak.
- Variasies:
- Jy kan kakao insit vir ‘n sjokolade weergawe.
- Jy kan ‘n berriekonfyt maak en saam met dit bedien.
- Jy kan dit eet met geklopte room bo-op, saam met sade en neute.
- Strooi kaneel oor, dit is ook hemels, daar is net soveel opsies ❤️ ek geniet dit maar plain Jane.












