GROWWE KARRINGMELK BOERBESKUIT
Resep: Sarah Ekermans
Rina jy het my arm gedraai, ek het dit nou getik. Ek bak dit baie, dit is baie lekker, maar ek sit een koppie suiker by, anders eet my mense dit nie.
- 7 x 250 ml volkoringmeel
- 2 x 250 ml bruismeel
- 10 ml sout
- 45 ml bakpoeier
- 2 x 250 ml karringmelk
- 500 g botter of margarien
- 1 eier
- Opsioneel:
- 1 koppie suiker
- Meng al die droë bestanddele deeglik en vryf die smeer goed in.
- Klits eier en karringmelk saam en meng met droë bestanddele.
- Knie die deeg liggies deur.
- Vorm in balletjies en plaas langs mekaar in ‘n gesmeerde bakpan.
- Bak 10 minute teen 200°C. Verminder hitte tot 150°C en bak vir nog een uur.
- Breek balletjies oop met ‘n vurk en droog uit in ‘n lou oond.
Category:












