SUURDEEG GEMMERBROOD
Resep en foto: Michelle Britz
- 1½ koppie bruinsuiker
- 1 koppie lemoensap
- 1 teelepel kaneel
- 10 eetlepels gemmer
- 1 teelepel koeksoda
- 1 koppie koekmeel
- ¼ koppie sonneblomolie
- 2 groot eiers
- suurdeegplantjie
- Smelt die suiker en lemoensap saam en voeg die kaneel en gemmer by. Meng tot suiker opgelos is.
- Laat goed afkoel, moet jou vinger daarin kan hou sonder om te brand.
- Meng die suikermengsel en koeksoda in die suurdeegplantjie in.
- Meng die olie en eiers goed, en meng saam met die meel in by die suurdeegmengsel.
- Skep in ‘n voorbereide klein pannetjie, en bak by 180ºC vir ongeveer 55 min.
- Nota:
- Om te voorkom dat die brood met ‘n punt rys, bak teen 170ºC tot die brood gaar toets.
Category:












