MIKROGOLF BRUISMEEL SJOKOLADEKOEK MET KARAMEL
Resep en foto: Amanda Austen
- 250 ml bruismeel
- 250 ml suiker
- 2 ml sout
- 250 ml warm water
- 2 eiers
- 45 ml kakao
- 60 ml olie
- Versiersel:
- 1 blik karamel kondensmelk
- 1 Bar One
- Bespuit ‘n mikrogolf tuitpan of bak met kleefwerende kossproei.(ongeveer 20cm)
- Meng al die bestanddele saam vir die koek en skep in die mikrogolf bak.
- Mikrogolf vir 7 minute lank op hoog.
- Na die 7 minute los die koek in die mikrogolf oond vir 10 minute om te rus. Keer die koek uit op ‘n opdienbord.
- Smelt die karamel kondensmelk en die Bar one saam op die stoof oor lae hitte.
- Versier die koek deur die kondensmelkmengsel stadig oor die koek te drup dat dit afloop. Laat heeltemal afkoel en bedien.
Category:













