Your Recipe Blog

HOENDERLEWER PATé MET TIEMIE

HOENDERLEWER PATé MET TIEMIE

Resep en foto Riekie Slabber Bosch

  • 250 g hoenderlewer
  • 1 ui, fyngekap
  • sout en peper
  • 225 g botter
  • 30 ml brandewyn
  • 15 ml mosterdpoeier
  • 2 ml droë tiemie
  • 2 knoffelhuisies, fyngemaak
  • Geur lewer met sout en peper.
  • Smelt 25 g van die botter en braai lewer en uie daarin tot bruin maar effens pienk aan binnekant.
  • Geur met knoffel en mosterdpoeier.
  • Skep uit en plaas in voedselverwerker.
  • Smelt 150 g van die botter, voeg by lewer, voeg brandewyn by en verwerk goed tot baie glad.
  • Skep in bakkies.
  • Smelt res van die botter en skep bo oor lewer. Laat koud word en verkoel dan.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page