SPESERY PATATS- EN SOETRISSIEGEREG
“Ek het hierdie resep uitgedink toe ek seker so 17 jaar oud was in Jeffreysbaai… en vanaand maak ek hom vir aandete hier in Jeffreysbaai, via NZ, 30 jaar later (2025). En dis nogsteeds heerlik.”
- 15 ml olie
- 1 rooi soetrissie, in skywe gesny
- 2 patats, in skywe gesny met die skil aan
- 1 teelepel fyn kaneel
- 1 teelepel fyn wonderpeper (pimento – allspice)
- ½ teelepel fyn gemmer
- 75 ml kookwater
- 2 eetlepels botter
- 2 teelepels suiker
- sout en peper, na smaak
Braai die gesnyde rooi soetrissie in olie tot amper sag.
Voeg die patats, kaneel, wonderpeper en gemmer by en braai/smoor met die deksel op vir 5 – 7 minute.
Voeg 75 ml kookwater by en smoor nog 10 – 15 minute totdat die patats sag is en meeste van die vloeistof weggekook het.
Roer die botter, suiker, sout en peper versigtig deur en kook/prut nog vir 10 minute en bedien.
Resep en foto: Ilze Jacobs












