Your Recipe Blog

OUTYDSE GEBAKTE MELKTERT

Recipe by
Cook: 30 - 35 minute

OUTYDSE GEBAKTE MELKTERT

Iets lekker vir die naweek.

  • 750 ml volroom melk
  • 60 ml suiker
  • 2 kaneel stokkies
  • 5 ml vanilla ekstrak
  • 3 eiers, geskei
  • 75 ml melk
  • 37.5 ml Maizena
  • 37.5 ml koekmeel
  • 5 ml sout
  • skilferkorsdeeg
  • kaneel

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Verhit 750 ml volroom melk saam met die suiker, kaneel stokkies en vanilla ekstrak.
Meng die eiergele (hou eierwitte apart) met 75 ml melk, Maizena, koekmeel en sout.
Voeg by melkmengsel sodra dit gekook het (verwyder die kaneel stokkies) en roer oor ‘n medium hitte tot verdik.
Klits die eierwitte styf, maar nie droog nie en vou in by die melkmengsel.
Skep die vulsel op ‘n skilferkors uitgevoerde tertbak, sprinkel kaneel bo-oor en bak vir 30 – 35 minute tot gaar.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

3 Reviews

  1. Ida Bouwer

    Is die deeg onder nie “soggy” nie?

    • Hi Ida, ek dink jy moet die link op die groep plaas en vir Ilze Jacobs daar tag en vra, hier gaan sy nie jou vraag sien nie asb?
      Mooi Bly

  2. Linda

    I grew up with the Cape version of milk tart which uses puff pasty. The pastry was never soggy. The only thing is the tart is best eaten on the day it’s baked as the puff pastry is not crisp by the next day especially if stored in the fridge. The Cape version is still my favourite milk tart. though.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page