SUURLEMOEN, KNOFFEL EN BOTTER BRAAIHOENDER MET GEBRAAIDE RYS
- Rys
- 1 koppie rys
- 5 koppies water
- 1 hoender aftrekselblokkie
- 2 eetlepels botter of margarien
- ½ gekapte ui
- ½ gekapte groen soetrissie
- 2 eetlepels soya sous
- gekapte grasuie of pietersielie vir garnering
- Marinade:
- gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
- ryswater in pot
- 2 – 4 gekapte knoffelhuises na smaak
- 1 teelepel suiker
- Geurmiddels:
- Aromat, peper, paprika, “chilli flakes of cayenne pepper” en gemengde kruie na smaak (Ek het sommer klaar peri peri geursel gebruik)
- 6 – 8 hoenderstukke
Kook rys tot net gaar (al dente).
Dreineer rys in vegiettes oor swartpot en behou die ryswater in die pot.
Smelt botter in ‘n pan.
Braai uie en soetrissie tot ui glasig is.
Voeg gekookte rys by en roerbraai.
Voeg nog botter by indien nodig.
Voeg soyasous by en roer deur.
Proe en pas geursel aan met sout of Aromat indien nodig.
Hou eenkant warm.
Voeg bestanddele vir marinade by ryswater in die pot.
Voeg hoender by en meng deeglik.
Geur met peri peri geurmiddels alkant in die pot.
Marineer 30 – 60 min. Haal die hoenderstukke uit die marinade en braai hoender oor hoë kole tot net gaar.
Plaas gaar hoender terug in marinade in die pot en meng deur.
Plaas pot op die kole en prut tot ryswater-marinade verdik.
Bedien met gekapte pietersielie en suurlemoenskywe en gebraaide rys.
Njamm.
Resep en foto: Stef Conradie













