MAKLIKE AARBEIKAASKOEK
- Kors:
- 1 pak Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
- 125 g margarien
- Vulsel:
- 2 blikkies kondensmelk
- 2 houers gladde maaskaas
- 125 ml suurlemoensap
- vars aarbeie vir bo-op
Smelt die margarien en meng met fyngemaakte tennisbeskuitjies.
Druk die krummelmengsel vas op die bodem van ‘n losboom koekpan. (20 cm)
Klits al die bestanddele van die vulsel saam.
Giet in die kors en bak 15 min lank op 180°C.
Laat behoorlik afkoel voordat dit uit die pan gehaal word.
Verkoel in yskas en versier met aarbeie.
Resep en foto: Amanda Austen


