BASIESE KARRINGMELKBESKUIT MET VARIASIES
Foto en resep: Gezina en Hennie Gouws
- 1 kg bruismeel
- 2 koppies suiker
- 500 g margarien
- 500 ml karringmelk
- 150 ml olie
- 3 eiers
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel sout
- Meng die droë bestanddele saam.
- Smelt die margarien en olie saam.
- Klits die eiers en melk saam.
- Voeg enige van die volgende bestanddele by:
- 1 koppie klapper
- 2 koppies semels
- 1 koppie rosyne
- 1 koppie sonneblomsaad
- 1 koppie gekapte neute, ek het makadamia neute ook al gebruik
- 1 koppie bosbessies (cranberries)
- all bran, muesli of hawermout
- Meng die beslag goed.
- Skep die deeg in beskuitpanne. Ek het die snyer panne gebruik.
- Bak teen 180°C vir so 50 minute.
- SJOKOLADE VARIASIE – voeg die volgende by die basiese resep:
- ½ koppie kakao
- 1 koppie klapper
- 1 koppie sonneblomsaad
- ½ koppie choc chips
- VRUGTEKOEKMENGSEL VARIASIE – voeg die volgende by die basiese resep:
- ½ koppie vrugtekoekmengsel (fruit cake mix )
- ½ koppie bosbessies (cranberries)
- 1 koppie sonneblomsaad
- 2 eetlepels lemoenskil
- 2 eetlepels chia saad
- 2 koppies semels
Category:


