KAAS EN SPINASIE GEVULDE SAMPIOENE
My eerste ordentlike probeerslag met die “airfryer”.
- 1 pakkie baba of gewone spinasie, gewas
- 1 houertjie roomkaas
- 1 koppie Cheddarkaas, gerasper of ‘n mengsel van Cheddar- en Mozzarellakaas gemeng
- 1 pakkie groot Portobello sampioene (6)
- sout en peper na smaak
- knoffelsout na smaak
- pietersielie na smaak
Skep die stammetjie en bietjie van die sampioen se vleis uit met ‘n lepel om ‘n mooi holte te vorm.
Kap die stammetjies, vleis van die sampioen en die spinasie fyn en meng dit met die roomkaas.
Geur met sout, peper, knoffelsout en pietersielie.
Skep ongeveer 2 groot lepels vol van die roomkaasvulsel in die uitgeholde sampioen.
Strooi die gerasperde kaas bo-op die roomkaasvulsel.
Plaas die gevulde sampioene in die lugbraaier en braai dit vir ongeveer 12 minute by 200ºC.
Resep en foto: Emmerentia MC Pretorius












