Your Recipe Blog

AARTAPPELPOTJIE

Avatar photo
Cook: +- 1.5 ure

AARTAPPELPOTJIE

  • pakkie baba aartappels
  • pakkie sampioene, opgesny
  • ½ pakkie wit uiesoppoeier, aangemaak met water
  • 1 ui, opgekap
  • 1 pakkie spek, stukkies
  • 500 ml room
  • pakkie baba mielies
  • vars knoffel, uitgedruk
  • fyn gerasperde kaas, Cheddar en Haloumi

Braai die uie en knoffel saam. Voeg die sampioene en spek by en braai tot bruin.
Voeg die baba mielies, aartappels en aangemaakte sop by die spekmengsel en plaas die deksel op die potjie en laat prut vir 30 minute.
Voeg 250 ml van die room by die potjie, verlaag die hitte en prut vir ‘n verdere 60 minute.
Voeg die ander 250 ml room en die kaas by, roer deur en kook totdat die kaas gesmelt en die aartappels sag is.

Resep en fotos: Cecil Dunhin

One Review

  1. Elmarie Bekker
    Ek het Donderdag die aartappel pot gemaak en dit was devine.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5