STEAK- EN AARTAPPEL FOELIEPAKKIE
Hierdie bestanddele maak 4 – 5 pakkies
- 1 goeie snit vleis per persoon
- 3 aartappels per persoon of na smaak
- 1 pak “bacon bits”
- 1 pak gesnyde sampioene
- gerasperde kaas
- 1 koppie gesmelte botter met speserye in soos fyn knoffel, sout, peper, pietersielie
- 1 groot stuk foelie per persoon
Voorverhit die oond op 220°C.
Sny die aartappels in kwarte en kook tot gaar, maar moenie te sag wees nie.
Sny die vleis in dik stukke of dit kan ook net so gebruik word. Braai die spek en sampioene.
Om die pakkies te maak:
Maak die foelie oop en in die middel plaas jy die vleis en die aartappels langs die vleis.
(Jy kan gekapte rou uie ook oorstrooi).
Smelt die botter, so 1 koppie botter met speserye in soos fyn knoffel, sout, peper, pietersielie.
Verdeel die bottermengsel oor die vleis en aartappels in die pakkies.
Maak die foelie mooi toe en sit die pakkies langs mekaar in ‘n oondpan, en in die oond.
Na so 10 – 15 minute maak jy die pakkies net bo-op oop soos ‘n bakkie.
Verdeel die spek, sampioene en gerasperde kaas en skep bo-op elke pakkie.
Plaas dit onder die oond se rooster tot die kaas smelt. ( hou oop)
Eet en geniet.
Nota:
Daar is ‘n lekker sousie in die pakkie… jy kan ‘n broodjie daarin dip en eet.
En dit kan op die kole ook gemaak word.
Resep en foto : Elza Charlez

