PIESANG EN KARRINGMELK BROODJIE
Dis vinnig, lekker en definitief ‘n wenner.
- 320 g koekmeel
- 130 g suiker
- 235 g karringmelk
- 4 ryp piesangs
- 2 medium eiers
- 114 g botter/margarien
- 1 teelepel koeksoda
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 teelepel vanilla geursel
- neute en/of sjokolade stukkies, opsioneel
Stel die oond op 160°C.
Smelt botter in mikrogolf oond.
Weeg karringmelk, voeg eiers by en klits met vurk.
Voeg die gesmelte botter en vanilla by melkmengsel en klits weer.
Voeg meel, koeksoda, bakpoeier en suiker saam hou eenkant.
Druk ryp piesangs lekker fyn.
Gooi melkmengsel bo-oor die meelmengsel en sit die piesangs by.
Meng goed (met spatel) en skep in brood pannetjies.
Gooi enige neute of sjokolade bo-op (opsioneel).
Bak vir 45 minute. Dit hang alles van jou oond af. Dit kan tot 1 uur vat (sonder ‘n konveksie oond).
Wenke:
Ek het twee ½ brood pannetjies gebruik. Lyk mooier om voor te sit.
Ek het papier houers gebruik. Dit is makliker om uit te haal.
Ek gebruik net ‘n spatel om alles te meng. Dit hou die mengsel lig en nie oorwerk nie.
Foto en resep: Kyle Jensen


