Your Recipe Blog

PORTUGUESE MELKTERTJIES

Recipe by
Cook: 20 - 30 minute | Servings: 24 tertjies

PORTUGUESE MELKTERTJIES

  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • Vulsel:
  • ½ liter room
  • 200 g witsuiker
  • ½ koppie melk
  • heel skil van 2 suurlemoene (nie gerasper nie)
  • 1 eetlepel vanilla geursel
  • 1½ eetlepel brandewyn
  • 1 eetlepel Maizena
  • 1 eetlepel koekmeel
  • 9 eiergele

Rol die deeg uit sodat dit dun genoeg is vir skilferkorstertjies. Rol dit op totdat dit ‘n lang “potlood” vorm. Sny 24 wielietjies daaruit. Smeer die kolwyntjiebakkies en druk elke wieletjie uit in die bakkies. Plaas dit in die yskas vir 10 minute.
Plaas die vulselbestanddele in ‘n kastrol en laat dit stadig prut totdat dit ‘n dikkerige mengsel vorm.
Haal die suurlemoenskille uit en laat die mengsel afkoel. Skep dit in die deegdoppies – nie te veel nie, want die deegwieletjies moet rys tydens die baktyd.
Bak dit teen 200 °C vir 25 minute (of totdat die tertjies verbruin, tussen 20 – 30 minute; elke stoof is anders).
Dit word bruin en moet lyk soos ‘n cremé bruleé kleur.

Plasing deur: Stompie Thessner
Fotos: Stompie Thessner en Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page