TUISGEMAAKTE BOTTER- OF MARGARIENSMEER
Met die pryse van bogenoemde smere, hetsy dit botter of margarien is, is hierdie ‘n paar rand besparing. Agv die besparing, kan jy dalk nou botter of selfs Rama margarien bekostig.
- 500 g blok margarien of botter
- ¼ koppie sonneblom-, Canola- of olyfolie
Plaas die margarien of botter buite die yskas tot dit kamertemperatuur bereik het.
Klits die sagte margarien of botter deeglik deur met die olie van jou keuse.
En siedaar jou eie smeer botter of margarien.
Nota:
Moenie jou mengbak sommer net uitwas na die tyd nie. Spoel die bak met kookwater en kook jou rys in die water. So gebruik jy elke bietjie lekkerte.
Loryne Maria Johanna Styger
Ek kry meer, ek gooi 1 koppie water ook by en klits goed, baie lekker sag vir smeer.
Susan Glover
Ons gebruik ¾ koppie water, ¾koppie olyfolie by 500 g sagte botter. Klits dit met elektriese hand menger tot heeltemal gemeng. Dit maak 1 kg of 2 x 500 g bakkies vol.
Resep en foto: Delene Breytenbach

