Your Recipe Blog

BEESTONG MET SOETRISSIE-ROOIWYNSOUS

Recipe by
Cook: 5 ure

BEESTONG MET SOETRISSIE-ROOIWYNSOUS

  • 1 beestong (±1,5 kg)
  • 1 ui in skil
  • 15 ml growwe sout
  • 1 selderystok, blare aan
  • 6 wonderpeperkorrels / 3 naeltjies / 1 lourierblaar
  • 4 liter water
  • 1 geel soetrissie
  • 4 wortels, opgesny
  • 6 wonderpeperkorrels
  • 3 naeltjies
  • 1 lourierblaar
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 240 ml rooiwyn
  • 30 ml soetrissiesous
  • 30 ml tamatiesous
  • 100 ml water
  • gedroogde roosmaryn
  • vars pietersielie

Plaas die tong saam met die ui, growwe sout, wonderpeper, naeltjies, lourierblaar en seldery in ‘n pot en vul met water tot heeltemal bedek.
Kook vir ±3 ure en vul aan met kookwater indien nodig.
Verwyder die tong en laat effens afkoel voor die vel afgetrek word.
Sny een groot geel soetrissie op en plaas in ‘n oondbak saam met die wortels, peperkorrels, naeltjies en lourierblaar.
Geur die tong met sout en gemaalde swartpeper en plaas op die wortellaag in ‘n pan.
Maak die sous aan, giet oor die tong in die bak en strooi gedroogde roosmaryn oor die beestong.
Bedek en plaas in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 2 ure. Skep gereeld van die sous oor die beestong tydens die gaarmaakproses.
Die sous sal geleidelik verdik in die tyd.
Skep die tong uit en sny in skywe.
Skep die wortel en soetrissies uit met ‘n gaatjieslepel en plaas in ‘n opdienbak.
Skep van die verdikte sous oor die tong en garneer met pietersielie.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page