RISSIEBROOD
- Beslag:
- 500 g bruismeel
- 5 ml sout
- 5 ml suiker
- 1 teelepel bakpoeier
- 5 ml gemengde kruie
- 10 ml gekapte rooi brandrissies (soos jalapeno’s)
- 10 ml gekapte groen brandrissies (soos cayenne)
- 10 ml gekapte knoffel
- 500 ml karringmelk of amasi
- 250 ml gerasperde kaas
- Bolaag:
- 1 tamatie
- 250 ml gerasperde kaas
- 4 heel rissies, halveer en pitte verwyder
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n diep broodpan (26 x 10 cm) met botter.
Meng al die droë bestanddele goed deur en voeg karringmelk en kaas laastens by. Dit is ‘n klam deeg.
Skep die beslag in die broodpan, sny tamatie in 4 dik skywe en plaas bo-op beslag.
Strooi halwe koppie kaas bo-oor en plaas die 4 halwe rissies bo-op die kaas.
Laat rus die brood op ‘n warm plek vir sowat 30 minute om te rys.
Bak vir 60 minute en toets om seker te maak dit is deurgaar.
Resep en foto: Bernadene Daniell Prinsloo

