Your Recipe Blog

STADIG GEKOOKTE FYN MAKATAAN- EN PYNAPPELKONFYT

Cook: 4 + uur

STADIG GEKOOKTE FYN MAKATAAN- EN PYNAPPELKONFYT

Ek het 2 kg van die sagte binneste deel van die makataan wat ek vir die stukke gebruik het, vir dié resep gebruik. Indien meer konfyt gekook word, verdubbel net die resep.

  • 2 kg sagte binneste gedeelte van makataan
  • 2 mediumgrootte pynappels
  • 2 koppies water
  • 3 kg suiker
  • 1 teelepel sout

Haal al die pitte uit die makataan en sny of breek die binneste dele in kleiner stukkies.
Skil en sny pynappels ook in klein stukkies. ( kook vinnig vir ‘n paar minute, gooi die water af)
Maak die makataan en pynappel fyner in ‘n voedselverwerker, maar nie te fyn nie.
Voeg die 2 koppies water stelselmatig by in die voedselverwerker.
Plaas die pulp, suiker en sout saam in ‘n pot en laat dit stadig kook tot die suiker opgelos is, laat dit vir ‘n paar uur kook todat die hoeveelheid in die pot weggekook het tot die helfte van die oorspronklike volume. Skep ‘n teelepel van die konfyt op ‘n koue piering en plaas dit in die yskas om die konfyt se regte dikte te toets. Indien verlangde dikte bereik is, haal die pot van die hitte af, roer die skuim deur. Bottel die konfyt terwyl dit nog warm is en seël dit.
Geniet die konfyt wanneer dit afgekoel is.

Nota:
Ek het die hoeveelheid suiker vermeerder en die konfyt meer as 4 ure gekook.

Resep en foto: Hendri Le Roux

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page