Your Recipe Blog

APPELBLATJANG MET DADELS

Recipe by
| Servings: 7 x 750 ml + 4 x 350 ml

APPELBLATJANG MET DADELS

  • 2 kg appels geskil, ontpit en in klein blokkies gesny
  • 1 kg uie, geskil en klein stukkies gesny
  • 2 x 250 g pakkies dadels, fyn gekerf
  • 3 liter wit asyn
  • 2 eetlepels gedroogde knoffelvlokkies
  • 2 eetlepels mosterdsaadjies (ek het droë saadjies gebruik, gebruik eerder gebotteldes vir ‘n sagter tekstuur)
  • 2 eetlepels gedroogde rissievlokkies
  • 2 teelepels swart peper
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 teelepel neutmuskaat
  • 2 teelepels sout
  • 1 kg bruinsuiker
  • 2 kg witsuiker
  • 4 eetlepels Maizena, aangemaak met bietjie koue water

Plaas al die bestanddele, behalwe die suiker, sout en maizena saam in ‘n groot pot en kook oor matige hitte vir ongeveer ‘n uur totdat al die bestanddele lekker sag is. Roer gereeld dat die mengsel nie aanbrand nie.
Verwyder die pot van die hitte, voeg die sout en suiker by en roer deeglik totdat die suiker opgelos is.
Plaas die pot weer terug op die stoof en kook totdat die sous effens verdik het.
Maak die maizena aan met water en voeg dit by die sous en roer dit deeglik deur totdat die blatjang verdik, pasop vir aanbrand.

Bottel die blatjang warm in vooraf gesteriliseerde glasbottels met toedraai deksels.
Vul die bottels tot bo en druk lugborrels uit die bottel met ‘n vurk of sushi- of sosatiestokkies.
Seël die deksel dig en plaas die bottels onderstebo, op die deksels, vir ‘n paar ure.
Dit kan weer omgekeer word sodra dit koud en gereed is om weg te pak.

Resep en foto’s: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page