Your Recipe Blog

KERRIEHOENDERPASTEI MET RYSKORS

Recipe by
Cook: 20 minute + rooster tyd

KERRIEHOENDERPASTEI MET RYSKORS

  • Vulsel:
  • 1,5 kg hoender
  • 3 uie, gesny in blokkies
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml hoendergeursel (Ina Paarman)
  • 10 ml matige kerriepoeier
  • 3 ml borrie
  • 20 ml blatjang
  • 20 ml tamatiesous
  • 5 ml Worcestersous
  • 10 ml appelkooskonfyt
  • 10 ml mielieblom (Maizena) of bietjie meer indien nodig
  • Bolaag:
  • 325 ml gaar rys
  • 5 ml speserye vir rys
  • 5 ml sout
  • 25 ml botter sag gemaak
  • 375 ml gerasperde Cheddar-kaas
  • 125 gekapte rooi geel en groen rissie
  • 250 ml heelpit mielies, opsioneel
  • paprika
  • botter klotjies vir bo -op
  • ekstra kaas vir bo oor

Kook hoender uie, sout, peper en hoendergeursel tot sag in water, verwyder beentjies en velle. Snipper die vleis. Hou 375 ml van die hoenderaftreksel waarin jy die hoender gekook het. Plaas die 375ml aftreksel in ‘n pot en voeg die vleis en uie saam met die res van die vulsel bestanddele by die aftreksel en meng. Laat prut vir 5 minute. Indien dit te waterig is, sit nog bietjie maizena by aangemaak met baie min water en kook deur.  Dit moet souserig wees, maar nie te waterig.
Skep in groot gesmeerde oondskottel.

Bolaag:
Meng die bestanddele vir die bolaag en versprei oor die vleis. Strooi ‘n bietjie paprika oor en sit botterklontjies oral op die gereg.
Bak gereg vir 20 – 30 minute teen 190°C. Rooster ‘n paar minute op hoog, strooi ‘n ekstra lagie kaas bo-oor sodat bolaag kan verbruin.
Sit voor met ‘n mengelslaai of piesangslaai met blatjang.

Nota:
Kan gevries word, gebruik net bietjie minder geurmiddels.
Regtig ‘n wenner, almal vra die resep.
Lekker eet.

Foto en resep:  Rindi Scheepers-Becker
2de foto:  Rina Kleinhans – Ek het gister hierdie heerlike resep van Rindi Goosen gemaak, en ek kan dit regtig aanbeveel. Dit gee sommer baie mondjies kos, ek het ‘n 20 x 30 glasbak gebruik. Ek het nie ekstra kaas oorgesit nie, die kaas was vir my genoeg saam met die suikermielies. Die vleis moet souserig wees, maar nie te waterig, so pas maar die maizena aan indien nodig. Ek het ook ekstra sampioene ingesit en dit net saam met ertjies bedien, wat nie eers regtig nodig was nie, dit is baie vullend. Ek stel voor as jy dit vir hongerige tieners maak, maak die ryslaag bietjie dikker, dan sal dit beslis vullende genoeg wees.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page