Your Recipe Blog

ELSABIE SE FRIKKIES IN PIESANGKERRIESOUS (FRIKKADELLE)

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

ELSABIE SE FRIKKIES IN PIESANGKERRIESOUS (FRIKKADELLE)

Hierdie gereg bring soveel herinneringe van Mamma se kombuis! Ek het dit bitter lank gelede gemaak.

  • Sous:
  • 2 groot uie, gekap
  • 3 eetlepels mielieblom (Maizena), aangemaak in bietjie water
  • 6 eetlepels asyn
  • 2 koppies kookwater
  • 2 eetlepels kerrie of na smaak (Ek gebruik meer)
  • 4 eetlepels appelkooskonfyt
  • 3 piesangs, opgesny
  • 1 teelepel gemmer (Ek gebruik vars, gerasper)
  • 1 groot knoffel toontjie, gerasper (Ek gebruik my microplaner vir dit, baie fyn en baie skerp)
  • 1 teelepel borrie
  • sout na smaak

Braai uie in bietjie olie tot deurskynend en gooi die kerrie, knoffel, gemmer, sout en borrie by en braai vir 2 minute.
Roer die appelkooskonfyt by die kookwater en asyn in en gooi by die uie mengsel.
Sit die piesangs by en laat dit tot by kookpunt kom.
Giet die aangemaakte mielieblomwater by en roer tot verdik.
Prut tot die piesangs sag is.

  • Frikkadelle:
  • 1 kg bees maalvleis
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • 3 eetlepels gedroogde pietersielie
  • 50 ml asyn
  • 1 eier

Maak die maalvleis los met ‘n vurk.
Strooi die droë soppoeier en pietersielie oor.
Klits die eier en asyn saam en giet oor die vleis.
Gebruik vurk om mooi deur te meng.
Maak balletjies met roomys lepel en sit in oondbak wat goed gespuit is.
Skep die piesangkerriesous bo-oor en bak oop by 180°C in voorverhitte oond vir ± 40 minute.
Bedien saam met basmati rys.

Foto en resep: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page