BBQ VARKBOUD IN DIE PRUTPOT
Die is seker een van my maklikste aandetes na ‘n lang week… net twee bestanddele.
Dit is gaar as jy by die huis kom, en daar is oorskiet vir minstens nog twee tot drie etes.
Wenner in elke opsig. En baie lekker “pulled pork”.
- 1.5 kg varkboud
- 1 bottel BBQ sous van jou keuse
Sit vark en sous in die prutpot en spoel sousbottel uit met 100 ml water.
Kook vir 8 ure. Trek ontbeende en ontvelde vark met 2 vurke uitmekaar en skep in oondbak.
Kook die sous nog 20 minute totdat dit met die helfte verminder het.
Giet oor varkvleis en roer deur. Gebruik soos wat jy wil.
Resep: Ilze Jacobs
Die resep kan soos volg ook aangepas word. Gebruik pepersous in plaas van die BBQ sous en voeg 200 ml Coke by, spoel die botteltjie uit met bietjie water en dit ook by gemeng word.
Nadat vleis uitmekaar getrek is, voeg ‘n koppie van die sous weer bo-oor die vleis.
Resep aanpassing en foto: Benhet Nieuwenhuis



Wow! Dit is so maklik en al wat nodig is, is geduld.
Pickles, Groente atja en Piccadilly is pasmaats wat saam kan dans.