APPEL KRUMMELTERT MET SOUT KARAMEL
Uitdaging: Hierdie kors is heerlik bros.
- 190 g botter koud
- 2 koppies koekmeel
- knippie sout
- 2 eetlepels heuning
- 1 eetleepel kaneel
- groot blik tert appels of vars rooi appels
Sif meel, voeg sout en botter by, meng botter in met klitser of vingers tot dit soos groot krummels lyk.
Voeg heuning by en meng.
Werk met hand tot ‘n bol sagte deeg. Plaas in yskas vir ‘n halfuur.
Smeer oondvaste bak met botter, strooi koekmeel en skud tot eweredig.
Druk ¾ van deeg in die bak vas.
Nota:
Ek het die bak met deeg in vrieskas oornag gesit, omdat die botter vinnig smelt in die hitte.
Rol die oorblywende deeg in ‘n worsvorm en plaas in vrieskas tot hard, rasper makliker.
Meng tertappels en kaneel deur.
Jy kan ook heuning of stroop by appels voeg indien jy van ‘n soeter tert hou.
Skep appels in die tertbak met die kors.
Rasper die res van die deeg bo oor.
Plaas in voorverhitte oond op 170°C en bak vir 45 minute tot gaar.
Ek het ‘n los boom tertbak gebruik en het tert heeltemal laat afkoel voordat ek dit ontvorm het.
- Sout karamelsous:
- 1 blik karamel kondensmelk
- 100 ml room
- ½ teelepel pienk sout
Verhit room, nie kook, voeg karamel kondensmelk en sout by.
Roer goed op lae tempratuur tot gemeng.
Giet karamel sous bo-oor tert en geniet.
Nota:
My pa wou roomys by hê, hy sê dit is baie lekker, kors is heerlik bros. 🥧
Resep en foto: Thea Loots Grobler



Delicious apple taste.