Your Recipe Blog

MILKY BAR KOEK MET WIT GANACHE

Recipe by
Cook: 25 - 30 minute plus versiersels kooktyd

MILKY BAR KOEK MET WIT GANACHE

“Ek het ‘n milky bar koek resep saamgestel uit ‘n paar resepte. Maar ek trek, dus kan ek nie nou bak nie; my panne is in bokse. Wil iemand dit probeer en mooi foto opsit? Al die elemente (koek, roomvulsel en ganache) kom van getoetsde resepte. Bronne: mense genaamd Poplap, Gretchen en Vicky Myburgh. Ganache is my eie wat ek lankal maak.

  • 4 eiers, geklits
  • 250 ml strooisuiker (of blits gewone suiker fyner in jou menger)
  • 1 groot blik ingedampte melk
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 60 ml olie
  • 5 ml vanilla essens
  • olie, gesmelte botter en bietjie meel, vir smeer van panne
  • Milky bar ganache:
  • 300 ml room
  • 300 – 600 g milky bar sjokolade
  • Middellaag:
  • 200 ml room
  • 50 ml versiersuiker
  • 5 ml vanilla essens
  • 5 ml gelatien, gespons in 10 ml water

Koek:
Smeer twee panne met 1:1:1 mengsel van olie, gesmelte botter en meel. Voorverhit oond tot 180 °C. Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig tot gekombineer. Vryf mengsel met vinger om te voel, en indien jy korrels voel, klits nog. Sif droë bestanddele goed saam en roer in by eiers  en voeg melk, olie en vanilla by. Roer om mengsel te kombineer. Verdeel gelyk tussen twee panne van 20 cm deursnit elk en bak teen 180 °C vir 25 – 30 minute. Laat afkoel op afkoelrak vir 10 minute en keer uit, nie langer nie, anders krimp die kante te veel weg. Keer uit op rak en laat heeltemal afkoel.

Middellaag:
Spons gelatine in water; smelt in mikrogolf vir 20 sekondes. Klits room, vanilla en versiersuiker tot dik en klits gesmelte gelatine by. Smeer lekker DIK oor eerste laag en plaas bolaag bo-op.

Milky bar ganache:
Maak room warm oor dubbelkoker en smelt sjokolade daarin. Jy kan dit ook vinnig op die stoof warm maak, maar moenie laat kook nie. Haal af en plaas dan blokkies sjokolade in. Versprei warm oor koek wanneer sjokolade gesmelt is, of laat yskoud word, klits en smeer oor koek. Vir meer of minder ganache, gebruik altyd 100 ml room op 100 g sjokolade. Vir dikker ganache, voeg meer sjokolade by, tot 200 g per 100 ml room.

Plasing deur: Kiti de Jager

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page