Your Recipe Blog

BUFFALO HOENDER SOSATIES

BUFFALO HOENDER SOSATIES

As jy van warm Amerikaanse kos hou, het jy sekerlik al van buffalo chicken wings gehoor, en moontlik geëet. Ek hou baie van die resep, maar beslis nie die moeite om dit te maak nie. Toe in die gees van braaidag dink ek… buffalo chicken sosaties. Maklik, vinnig en baaaaie lekker. Met bloukaas broccoli slaai is dit sommer low carb ook.

  • SOUS:
  • 160 ml hot pepper sous (soos bv Nando’s se warm pepper sous)
  • 100 ml gesmelte botter
  • 1 ½ eetlepel wit asyn
  • 1 teelepel Worcestershire sous
  • ½ teelepel rooipeper
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • sout en peper na smaak

Meng al die sousbestanddele in ‘n pot en verhit tot kookpunt terwyl dit heeltyd geroer word. Laat die sous heeltemal afkoel.

  • SOSATIES:
  • 4 ontvelde, ontbeende hoenderdye
  • 4 – 5 sosatie stokkies

Sny elke dy in die helfte deur, en dan elke helfte in nog 3 stukke. Plaas die hoender in ‘n ziploc sakkie en voeg die buffalo sous daarby. Laat oornag marineer. Ryg op stokkies (die hoeveelheid sal afhang van hoe styf jy hulle ryg).
Braai oor die kole of in die pan. Ons het dit geëet saam met broccoli slaai (sonder die ertjies maar met bietjie bloukaas bygevoeg) vanaand.

Foto en resep: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page