GIGI SE PEPERMINT SJOKOLADE EN BEETKOEK
- 3 bete, gekook en geskil
- 100 g donker sjokolade (Ek het net peppermint crisp gehad)
- 560 ml (2¼ koppie) koekmeel
- 80 ml (⅓ koppie) kakaopoeier
- ’n knippie sout
- 7 ml (1½ teelepel) koeksoda
- 170 g botter, sag gemaak
- 320 ml bruinsuiker
- 125 ml (½ koppie) strooisuiker
- 3 eiers
- 10 ml (2 teelepels) vanilla-ekstrak
- 250 ml (1 koppie) volroommelk
- 10 ml (2 teelepels) siderasyn
- 15 ml (1 eetlepel) olie
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n 30 cm-koekpan.
Verwerk die beet in ’n voedselverwerker tot fyn gekap.
Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoker of in die mikrogolf en sit eenkant.
Sif die meel, kakaopoeier, sout en koeksoda.
Klits die botter, bruinsuiker en strooisuiker tot romerig, meng die gesmelte sjokolade in. Voeg die eiers een-een by terwyl jy ná elke byvoeging goed klits om te meng. Voeg die bottermengsel by die meelmengsel.
Meng die vanilla-ekstrak, melk, asyn, beet en olie in ’n ander bak en voeg dit dan by die koekbeslag. Meng goed.
Giet in die voorbereide koekpan en bak ’n driekwart uur of tot ’n steekpen skoon uitkom nadat dit in die middel ingesteek is.
Resep en foto: Gigi Robinson













