Your Recipe Blog

KAAS EN UIE SOUTBESKUITJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: ongeveer 80 beskuitjies

KAAS EN UIE SOUTBESKUITJIES

Ek het hierdie vanoggend gebak. Dis heerlik!

  • 500 ml koekmeel
  • 4 ml sout
  • 2 ml rooi peper, as jy wil bietjie meer
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • 6 ml bakpoeier
  • 120 ml Stork bake
  • 300 ml kaas, gerasper
  • 2 eiergele
  • 100 ml yswater

Sif al die droë bestanddele behalwe uiesoppoeier in ‘n mengbak, voeg die soppoeier by, vryf botter met vingerpunte in meelmengsel en meng die kaas by.
Klits eiergele liggies saam met die water en giet oor die droë mengsel.
Sny die vloeistof met ‘n mes in die mengsel in om ‘n deeg te vorm.
Verkoel vir 15 min.
Rol deeg lekker dunnerig uit en druk uit met koekie drukker of sny in vingers.
Bak by 180 ºC vir so 20 min.

Foto: Sue Robb
Foto 2: Die koekie drukker wat self die gaatjies maak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page