WEET-BIX BESKUIT
- Meng die volgende en sit dit eenkant:
- 750 ml melk
- 10 ml asyn
- Meng die volgende saam:
- 1 ½ koppies suiker
- 8 koppies koekmeel
- 3 koppies volkoringmeel
- 45 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
- 5 ml sout
- 500 g botter
- 3 eiers
- 6 blokkies Weet-bix
Breek die Weet-bix blokkies by die meel en frummel dit.
Vryf die botter (of bak margarien) in die droë bestanddele in. Dit moet fyn wees.
Klits die eiers en voeg by die melkmengsel. Voeg die droë bestanddele hierby en meng goed.
Sit die deeg in ‘n gesmeerde oondpan en maak gelyk of maak balletjies in 2 broodpanne.
Ek het al die deeg in my drukker pan gesit. Dit lyk te veel, maar dis reg so.
Bak vir 1 uur by 180º C.
Laat afkoel en sny die groottes soos jy verkies.
Nota:
Hierdie beskuit kan regtig nie flop nie en is heerlik.
Resep: Anne Snyman
Foto: Koos Snyman












