GEMAALDE ALIKREUK – ALIKRIK – GIANT PERIWINKLE
Het vanaand heerlike gemaalde alikrik gemaak en het dit in pannekoeke bedien met ‘n kaassous daaroor. Was heerlik!
- 1 kg gemaalde alikrik
- 2 snye brood
- 200 g botter (NIE margarien nie)
- ± 150 ml suurlemoensap, of na smaak
- 250 ml room
- neutmuskaat, na smaak
- sout en aroma
- Om te bedien:
- pannekoek
- kaassous
Terwyl jy die alikrik maal, sit die brood by deur die meul, dit bind die alikrik so bietjie.
Smelt die botter in ‘n swaarboom pot en voeg suurlemoensap by en wag tot dit kook.
Voeg alikrik, neutmuskaat, sout en aromat by.
Roer goed deur en laat dit goed warm word.
Voeg die room by en roer gereeld en laat dit vir ongeveer 10 minute stadig prut.
Sit so 2 opskeplepels vol alikrik in elke pannekoek, rol op en giet bietjie kaassous bo-oor.
Resep en foto: Rosemarie Maytham












