GIDEON SE TAMATIESMOOR VIR “HOTDOGS”
Kyk ‘n mens kry hotdogs en HOTDOGS!
DIE EEN KOOP JY BY ‘n KEFFIE – Die anner een maak jy self.
Braai die wors van jou keuse oppie kole en maak jou eie tamatiesmoor sous.
Smeer die broodrolletjies met botter wat op die rugkant oopgesny is en grill effens oppie kole tot mooi bruin. Plaas ‘n lengte wors in die oopgesnyde broodrolletjies en vul met tamatiesmoor wat bestaan uit:
- 1 ui, gekap en gesmoor
- Voeg by:
- 1 blikkie tamatiesmoor
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 teelepel “Italian herbs”
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel knoffelvlokkies
- ½ teelepel witpeper
- 1 eetlepel suiker
- 1 teelepel Maizena, gemeng met ‘n klein bietjie water
Meng alles saam, verhit in ‘n pan of kastrol en skep dit oor die “hotdogs”.
Lekker eet.
Resep en foto: Gideon Louw



