KYLE SE HOENDER- EN SPEKPAKKIES
Weereens ‘n baie maklike resep om ietsie gou te maak. Nou net dit klaar gemaak en genoeg vir 2 mense.
- 1 pakkie strepiespek
- 1 hoenderborsie per porsies
- 1 groot ui, gesmoor
- gerasperde gerookte kaas
- Mrs Balls blatjang
Vleg die strepiespek en smeer Mrs Balls blatjang oor dit.
Pak gesmoorde uie bo-op, gerookte kaas en dan hoender. Ek het die hoender geseël in ‘n pan sodat dit nie so lank vat om gaar te word nie.
Rol dit alles op en plaas in ‘n oondbak. Verhit oond tot op 160°C en bak die pakkies.
Bak tot die spek lekker bruin is.
Saam met die pakkies het ek aartappels voorgesit wat half gekook was en lekker vars geel wortels en pastinaak (parsnip) met Ina Paarman se suurlemoen en knoffel speserye.
Probeer dit! Dit het nie eers sous nodig nie, heerlik verby.
Resep en foto: Kyle Jensen














