MIELIEKOEKIES MET BRUISMEEL
- 1 blik roommielies
- 1 koppie bruismeel
- 1 eier, geklits
- sout en peper, na smaak
- olie, vir vlak braai
Meng al die bestanddele goed saam.
Braai eetlepels vol in vlak warm olie tot goudbruin van kleur.
Bedien warm.
Resep en foto: Drienie Hattingh
Category:












