Your Recipe Blog

GROWWE SAADBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 - 60 minute | Servings: 7 dosyn

GROWWE SAADBESKUIT

Resep geplaas deur en foto: Helene Burger

  • 250 g bak margarien
  • 250 ml olie
  • 1 liter karringmelk of suurmelk
  • 30 ml vanilla geursel
  • 250 ml suiker
  • 5 ml sout
  • 250 ml sonneblomsaad
  • 125 ml elk lynsaad, sesamsaad, pampoensaad en klapper
  • 250 ml graanvlokkies (veselryk soos All Bran) fyngedruk
  • 250 ml hawermout
  • 6 x 250 ml koppies koekmeel (840 g)
  • 40 ml bakpoeier
  • Voorverhit oond tot 180 ºC.
  • Smeer standaardoondpan met olie.
  • Smelt margarien en olie saam tot net onder kookpunt.
  • Roer karringmelk, vanilla en suiker by. Roer tot suiker opgelos is.
  • In afsonderlike groot mengbak of skottel, meng die sout, sade, klapper, graanvlokkies, hawermout koekmeel en bakpoeier goed saam.
  • Voeg margarien- en karringmelkmengsel by en meng baie goed deur.
  • Skep die mengsel in die oondbak, smeer gelyk en bak 50 – 60 minute tot die beskuit deurgaar is en ‘n toetspen skoon uitkom.
  • Haal uit en laat ‘n paar minute in die pan afkoel.
  • Gebruik ‘n broodmes om dit in lang stroke te sny en in vingers te deel.
  • Pak op bakplate en droog stadig uit teen 70 º C vir ten minste 6 ure.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page