Your Recipe Blog

HOENDERMAGIE BROODJIES

HOENDERMAGIE BROODJIES

Hierdie was ons oudurfie maar is netso goed soos ‘n ete.

  • 500 g skoongemaakte hoendermagies
  • 1 gekapte ui

Kook die skoongemaakte hoendermagies sonder water in ‘n kastrol,dit sal ‘n watertjie maak, maar kook tot die water weg is en verbruin dit saam met een gekapte ui.
Voeg nou genoeg water by om die magies amper te bedek.

  • Voeg die volgende by :
  • 1 eetlepel nat knoffel
  • ½ teelepel swartpeper
  • 1 teelepel “Italian herbs”
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 3 eetlepels bruinasyn
  • 3 eetlepels suiker
  • 1 eetlepel sout
  • Ekstra:
  • ¾ koppie room
  • snytjies brood van jou keuse
  • geklitste eier
  • olyfolie

Meng alles saam en laat prut vir omtrent 3 ure tot lekker sag.
Voeg die room by en meng goed en laat afkoel.
Rol twee snye brood plat met ‘n koekroller en plaas twee eetlepels van die mengsel op een sny brood waarvan die rante met geklitste eier gesmeer is.
Plaas die ander sny bo-op en druk die rante vas met ‘n vurk.
Herhaal met volgende 2 snye brood tot die mengsel op is
Plus minus ses word gemaak van die mengsel.
Smeer alkante met olyf olie en braai stadig op kole tot mooi goudbruin en deurwarm.
Dit is heeeerlik.

Foto en Resep:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page