DAWIE SE KAAS EN CHILLI WORS
- 3.5kg koue worsvleis blokkies
- 1 kg koue bees brisket vet, grof gemaal
- 350 ml yswater
- 700 g sterk chedder kaas blokkies
- 250 g groen chillies, grof gekap
- 165 g Sederberg wors speserye (Freddy Hirsch)
Meng die worsvleis, beesvet, chillies en speserye goed deurmekaar sodat die bestanddele goed versprei is en laat dit marineer vir so uur.
Maal bogenoemde gemarineerde bestanddele deur ‘n 4.5 mm of 5 mm siffie.
Voeg blokkies kaas by en yswater en meng goed dat al die bestanddele eweredig deur die mengsel gemeng is.
Stop 28/32 derm met die vleismengsel.
Laat wors rus in ‘n bak en verpak lugdig soos verlang.
Resep: Dawie En Petro Rontgen
Foto: Johan Röntgen













Bly om te sien my resep trek so ver al na 3 jaar
Hallo Dawie
Ja al ons lede se resepte word gebere op ons blogs… baie dankie vir jou resep ook.
Groetnis
Rina