ROSEMARY SE SKUIMPOEDING
Ek het gisteraand my skuimpoeding gemaak (chiffon pudding).
- 1 blik Ideal melk, koud gemaak in yskas
- 1 pakkie jellie geur van jou keuse
- 250 ml warm water
- ¼ koppie suiker
Klits Ideal melk tot skuim, voeg suiker by en klits nog.
Maak jellie aan met warm water en gooi by Ideal melk skuim.
Klits tot alles goed gemeng is.
Skep in ‘n vorm of bak.
Sit dit in die yskas tot gestol.
Nota:
Jelliegeur van jou eie keuse. Ek het raspberry gebruik.
Resep en foto: Rosemary Fosteras

