Your Recipe Blog

GROWWE BESKUIT

GROWWE BESKUIT

“Ek het gisteraand vir my pa en ma growwe beskuit gebak. Ek dink dit het mooi uitgekom. Hier is die resep.”

  • 5 koppies koekmeel
  • 50 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • 10 ml sout
  • 750 ml volkoringmeel (ek het die ‘cake wheat flour’ gebruik)
  • 500 ml karringmelk
  • 1½ koppies klapper
  • rosyne, na smaak
  • 2 koppies Allbran of gewone Cornflakes
  • 500 g botter
  • 375 ml suiker
  • 2 eiers, geklits

Meng al die bestanddele goed saam.
Druk vas in voorbereide beskuitpanne.
Stel oond op 180 °C.
Bak vir een uur of tot wanneer bruin.
Breek in vingers en droog uit vir 4 – 6 ure.

Resep en foto: Natasha Nienaber

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page