MAKLIKE SOETKOEKIES
- 6 koppies koekmeel
- 2 koppies suiker
- 500 g botter
- 4 eiers
- 6 teelepels bakpoeier
- knippie sout
Room botter en suiker en voeg eiers by, meng deur.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengel, meng goed.
Knie lekker tot deeg mooi bymekaar kom en rol uit.
Druk vorms af, en pak op gespuite bakplaat.
Bak teen 160° C vir so 10 min of tot bruin.
Nota: Mari Oosthuizen
Dit is ‘n wenner ek het dit ook gemaak het ‘n 5 ml vanilla bygesit en die een helfde bietjie klapper bygesit. Kan nie ophou eet nie.
Resep en foto: Marlene Minderon




Dis is baie lekker
En ook n fantastiese resep
Baie goeie resep maklik lekker en goedkoop
my 13 year old son ate half a batch as quick as he could chew. ok he is 6 foot and eats 6 times a day, this was one of those meals. now he requested I bake 2 batches for his sleepover, sjoe
Very nice and easy recipe I’ve add coconut and vanilla I devided the dough one batch vanilla an other coconut it was a hit thank you
Ek het dit vandag gebak. Vind die deeg beter hanteerbaar nadat dit n uur in die yskas gerus het.