THEA SE MAKLIKE MELKKOS
Resep en foto: Thea Beukman
2de Foto: Sonja Beukes Oosthuizen
Ek die resep hier gekry, my manne was mal daaroor.
- 2 liter volroommelk
- 310 ml koekmeel
- 3 ml sout
- 45 ml botter
- kaneelsuiker, om mee voor te sit
- knypie gemmerpoeier
- Verhit die melk in ’n groot kastrol tot net onder kookpunt.
- Terwyl die melk warm word, meng die meel, gemmer en sout saam in ’n bak en vryf die botter daarby in met jou vingerpunte (jy kan dit ook in ’n voedselverwerker doen).
- Sprinkel die meelmengsel bo-op die kokende melk en roer dit met ’n houtlepel tot goed gemeng.
- Prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute, terwyl jy roer, tot verdik en gaar.
- Die mengsel moenie ’n gladde sous wees nie, dit moet klonterig wees.
- As daar egter te groot klonte vorm, gebruik ’n draadklitser om dit op te breek.
- Sprinkel ’n lepel kaneelsuiker onder in elke bakkie, skep die kokende melkkos bo-op en sprinkel nog kaneelsuiker bo-op.
- Of soos ek, tussen elke lagie bietjie kaneel suiker en eindig met kaneelsuiker.
Category:




Dis so maklik soos val uit n boom uit. Ek gaan beslis probeer.