Your Recipe Blog

RAAD OM CALAMARI SAG TE KRY

RAAD OM CALAMARI SAG TE KRY

Foto:  Johnny R

  • Cornelle Michell:
    Moet ‘n mens calamari in iets laat lê om dit sag te maak voor jy dit gaar maak? Ek onthou iets van koeksoda en melk? Dis gevries – nie ringe nie, repe.
  • Elize de Kock:
    Glad nie nodig nie, maak elke reep weer mooi skoon en maak seker die membraan is af, maak gaar in botter vir niks langer as so 2 tot 3 min, ek proe aan een tot hy net reg is en haal dadelik uit die pan uit.
  • Lochner de Kock:
    Plaas die calamari in ‘n bak. Giet kookwater oor. Tel tot dertig. Dreineer die kookwater af. Sit in yswater vir nog 30 sekondes. Nou kan jy maak met dit wat jy wil. Sal sag wees.
  • Gussie Terblanche:
    Lochner de Kock ek het verlede week seekos pasta gemaak en presies soos jy 25 jaar gelede vir my gesê het die calamari gemaak en vir Meiring gesê jy het die raad vir my gegee.
  • Vicki Diener:
    Ek laat lê dit in koeksoda water. Tap wasbak vol water en gooi so 3 opgehoopte eetlepels in. Laat lê omtrent so uur na 2 ure. Spoel dit net goed af na die tyd.
  • Maureen Jansen van Rensburg:
    Laat lê jou calamari in bak water waar so 2 – 4 eetlepels koeksoda opgelos is. Hoe langer dit lê, hoe sagter is dit. Spoel dan baie goed af. Meng selfrasing, sout en robertson se visspeserye en doop jou calamari ringe daarin en deep fry. Jy sal dit nie weer anders maak nie.
  • Belinda De Wit Joubert:
    Jy kan dit in melk laat lê vooraf en belangrikste is om dit nie telank tebraai nie (sodra jy dit oor gaar maak raak dit taai)
  • Marianne Nel:
    Laat Le in melk, grill vinnig met suurlemoensap en olyfolie, dit is hoe ons dit in die restaurant gedoen het.
  • Lauren Pretorius:
    Ek het myne net in brood krummels gemeng met bietjie meel en spices, net die calamari ontdooi, gooi dit in die sak met broodkrummel mengsel, daai vinnig in olie gebraai. Dit vat so 1.5 min tot 2 min en my mense het die omtrent opgeëet met “fried rice”.
  • Brenda Botha Beneke:
    Die strips wat jy klaar as pakkies calamari strips koop is reeds sag. Jy spoel dt net af en sit in gegeurde meel.
  • Theresa Marais
    My suster was uitsonderlik goed met Seekos maak.
    Sy’t kalamari eers binne en buite skoongemaak. Sy’t altyd baie seker gemaak dat die vlies aan die binnekant van kalamari buise verwyder is.
    Dan is dit oornag in melk gelê.
    Volgende dag is dit wat ringetjies gesny is net in gegeurde meel gedruk en in warm olie gebraai.
    Die buise is of net in Suurlemoenbotter gaar gemaak of gevul en dan vinnig in gegeurde meel gedruk en pan gebraai in Botter.
    Was regtig vinger lek lekker!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page