OONDGEBAKTE MOSTERDHOENDER
- Kook die volgende in water tot gaar, maar nie pap nie (ongeveer 1 uur afhangend van stukke se grootte):
- ± 2 kg hoenderstukke
- 3 blokkies hoenderaftreksel
- sout en peper na smaak
Verwyder gaar hoender uit sous waarin gekook is (die sous was effens vetterig, ek het ook die velle verwyder – opsioneel) en plaas die hoender in ‘n diep oondbakplaat/oondvaste bak.
Hou die sous as jy dit later by die mosterdsous wil byvoeg.
- Mosterdsous:
- 3 medium uie, in ringe gesny
- 2 groot eetlepels “whole grain mustard”
- 2 eetlepels botter
- knoffelvlokkies na smaak (net bietjie, anders oorheers dit die mosterd)
- 1 liter melk
- 3 eetlepels blatjang of soet rissie sous
Braai alles behalwe melk en blatjang/soet rissie sous in botter tot sag. Voeg melk by en laat paar minute prut tot sous bietjie dikker is. Pasop dit kan maklik brand.
Voeg blatjang of soet rissie sous by. Meng goed deur en giet die sous oor die hoenderstukke.
Bak in voorverhitte oond tot goudbruin aan albei kante.
Bedien warm saam met groente van jou keuse. Hier was dit groenbone, sweetcorn en patats gemaak met met stukkies makataankonfyt en gouestroop.
Resep en foto: Christelle van Rooyen












